Friday, September 18, 2009
Henno en Marna se troue op 4 Julie 2009
Henno en Marna se troue het 'n spesiale element gehad. Haar ouma was in die hospitaal opgeneem 'n paar dae voor hulle troue, en sy kon dus nie die seremonie bywoon nie. Hulle het dit goedgevind om vir ouma in die hospitaal te gaan kuier...en ek glo sy het dit baie waardeer. Hiermee saam wil ek ook net noem dat sy intussen die tydelike met die ewige vervang het, daarom maak dit die gebaar nog meer spesiaal. Marna en Henno dit was 'n voorreg om julle kosbare herinneringe te kon vansvang.

Labels:
Photos by Amrik Photographers
Wednesday, September 16, 2009
Klein Marc "Baba Shoot"
Ek vra verskoning vir die spelling van die naam op die raampies en fotos. Soos julle kan sien word sy naampie anders gespel. Dit is Annelie en Jaco se pragtige seuntjie. Ek dink hulle kan baie trost op hom wees. Annelie en Jaco dit was 'n plesier om hom af te neem, ek kan nie wag vir die familie fotos nie.

Monday, September 7, 2009
Gister middag loop ek en Leeu ons hondjie op die plot rond en neem fotos van al die plot diere; onder andere skapies, ganse, eende, kiewiete, en ons bure se hond. Moet sê Mike jy het 'n "visious" hond, ek sal maar bang wees om aan dieselfde kant van die draad te wees as hy. Wel Lyk my nie Leeu het juis geskrik nie, kyk hoe rustig staan hy en kyk na die hond wat hom wil aanval.... maar nou kan 'n mens ook net wonder is dit omdat daar 'n draad tussenin is of wat? Ek het maar vinnig vir Leeu geroep en spore gemaak, maar natuurlik nie voordat ek pragtige aksie fotos geneem het nie. Regtig 'n baie mooi hond!

Labels:
Bure se hond
Sunday, September 6, 2009
Tuesday, August 25, 2009
Sunday, August 23, 2009
Sussie volg 'n bietjie later

Nou ja, 'n mens kan ook net tot so laat werk nê? Wees maar bietjie geduldig, die res volg binnekort! Geniet die dag verder.
Liefde
Amelia
Wednesday, August 12, 2009
'n Paar van my gunstelinge
Hallo aan almal,
Weet nie van julle nie, maar met my gaan dit dol. G'n wonder ek het nie in die laaste tyd by my blog uitgekom nie. Ek het dus vanaand besluit om gou 'n paar van my gunsteling fotos op te sit wat ek die afgelope tyd geneem het. Die natuur fotos behalwe die sonsondergang wat van my eie plot afgeneem is, is in die Oos Transvaal (nou Mpumalanga) geneem. Ons was verlede week daar en dit was soos hemel op aarde. Die natuurskoon is net asemrowend daar. Ons was in die wildtuin, het al die verskillende watervalle gaan kyk, die potholes, Gods window, ens. ens. Ons het ook vir 2 dae op Gariepskop gebly met die Blyde rivier Canyon reg onder ons. Ek kan net sê: "wat 'n belewenis"! Dit was wonderlik. Hoop julle geniet die fotos saam met my. Ek sal binnekort nog fotos met julle deel. Die wat wil mag maar kommentaar lewer, of sommer net iets vir my sê. Wel, ons praat gou weer.

Subscribe to:
Posts (Atom)