Friday, September 18, 2009

Henno en Marna se troue op 4 Julie 2009

Henno en Marna se troue het 'n spesiale element gehad. Haar ouma was in die hospitaal opgeneem 'n paar dae voor hulle troue, en sy kon dus nie die seremonie bywoon nie. Hulle het dit goedgevind om vir ouma in die hospitaal te gaan kuier...en ek glo sy het dit baie waardeer. Hiermee saam wil ek ook net noem dat sy intussen die tydelike met die ewige vervang het, daarom maak dit die gebaar nog meer spesiaal. Marna en Henno dit was 'n voorreg om julle kosbare herinneringe te kon vansvang.




Wednesday, September 16, 2009

Klein Marc "Baba Shoot"

Ek vra verskoning vir die spelling van die naam op die raampies en fotos. Soos julle kan sien word sy naampie anders gespel. Dit is Annelie en Jaco se pragtige seuntjie. Ek dink hulle kan baie trost op hom wees. Annelie en Jaco dit was 'n plesier om hom af te neem, ek kan nie wag vir die familie fotos nie.

























Pragtige maan op die plot








Kiewiete in vlug












Monday, September 7, 2009

Nuwe aankomeling op die plot













Gister middag loop ek en Leeu ons hondjie op die plot rond en neem fotos van al die plot diere; onder andere skapies, ganse, eende, kiewiete, en ons bure se hond. Moet sĂȘ Mike jy het 'n "visious" hond, ek sal maar bang wees om aan dieselfde kant van die draad te wees as hy. Wel Lyk my nie Leeu het juis geskrik nie, kyk hoe rustig staan hy en kyk na die hond wat hom wil aanval.... maar nou kan 'n mens ook net wonder is dit omdat daar 'n draad tussenin is of wat? Ek het maar vinnig vir Leeu geroep en spore gemaak, maar natuurlik nie voordat ek pragtige aksie fotos geneem het nie. Regtig 'n baie mooi hond!




'n Onderonsie of twee!