Wednesday, August 12, 2009

'n Paar van my gunstelinge

Hallo aan almal,

Weet nie van julle nie, maar met my gaan dit dol. G'n wonder ek het nie in die laaste tyd by my blog uitgekom nie. Ek het dus vanaand besluit om gou 'n paar van my gunsteling fotos op te sit wat ek die afgelope tyd geneem het. Die natuur fotos behalwe die sonsondergang wat van my eie plot afgeneem is, is in die Oos Transvaal (nou Mpumalanga) geneem. Ons was verlede week daar en dit was soos hemel op aarde. Die natuurskoon is net asemrowend daar. Ons was in die wildtuin, het al die verskillende watervalle gaan kyk, die potholes, Gods window, ens. ens. Ons het ook vir 2 dae op Gariepskop gebly met die Blyde rivier Canyon reg onder ons. Ek kan net sê: "wat 'n belewenis"! Dit was wonderlik. Hoop julle geniet die fotos saam met my. Ek sal binnekort nog fotos met julle deel. Die wat wil mag maar kommentaar lewer, of sommer net iets vir my sê. Wel, ons praat gou weer.

Liefde
Amelia

Liewer later as nooit