Wednesday, June 17, 2009

Kinross Photoshoot




Hallo almal,
Ai, mense kla omdat ek so lanklaas geblog het, maar die lewe is net te gejaag. Ek weet dis seker nie 'n verskoning nie, ek moet seker beter tydsbeplanning doen..... ja, ja ek weet! Ons het voor verlede naweek 'n shoot in Kinross gedoen en ek het belowe dat ek van die fotos op ons blog sal sit. Hier is dan nou fotos van Wendy en haar ma Anet. Anet het 'n haarkapper besigheid in Kinross, en ek dink julle kan haar gerus ondersteun, want kyk net hoe mooi lyk haar en haar dogter se hare. Anet en Wendy, dankie dat julle gekom het vir die shoot, ons het dit baie geniet, al het ons op 'n stadium "gepanic" oor die ligte wat nie wou afgaan nie. Ons is maar nog groentjies met die ligte. Wat ek wel weet is dat on nie daar gaan bly nie, ons is besig om met rasse skrede te groei. Anet en Wendy.... weereens baie dankie vir julle geduld, hoop julle geniet die fotos! Los gerus 'n comment op die blog, en vertel ons wat julle dink.
Haai, en amper vergeet ek om te sê, Wendy was ook een van Rika se leerlinge wat die voorreg gehad het om haar as onderderwyseres te hê. Ek dink dit was die jaar voor sy met skool begin het, kan julle dit glo, kyk net watse pragtige jong dame het sy geword. Wel genoeg van my.... kyk die fotos.

No comments:

Post a Comment