Monday, September 7, 2009

Gister middag loop ek en Leeu ons hondjie op die plot rond en neem fotos van al die plot diere; onder andere skapies, ganse, eende, kiewiete, en ons bure se hond. Moet sĂȘ Mike jy het 'n "visious" hond, ek sal maar bang wees om aan dieselfde kant van die draad te wees as hy. Wel Lyk my nie Leeu het juis geskrik nie, kyk hoe rustig staan hy en kyk na die hond wat hom wil aanval.... maar nou kan 'n mens ook net wonder is dit omdat daar 'n draad tussenin is of wat? Ek het maar vinnig vir Leeu geroep en spore gemaak, maar natuurlik nie voordat ek pragtige aksie fotos geneem het nie. Regtig 'n baie mooi hond!




No comments:

Post a Comment