Friday, September 18, 2009

Henno en Marna se troue op 4 Julie 2009

Henno en Marna se troue het 'n spesiale element gehad. Haar ouma was in die hospitaal opgeneem 'n paar dae voor hulle troue, en sy kon dus nie die seremonie bywoon nie. Hulle het dit goedgevind om vir ouma in die hospitaal te gaan kuier...en ek glo sy het dit baie waardeer. Hiermee saam wil ek ook net noem dat sy intussen die tydelike met die ewige vervang het, daarom maak dit die gebaar nog meer spesiaal. Marna en Henno dit was 'n voorreg om julle kosbare herinneringe te kon vansvang.




No comments:

Post a Comment