Wednesday, August 11, 2010

Madelein in Krugersdorp se strate

Ek het meer gaan leer oor "off camera flash fotografie" by Danie Bester fotografie. Madelein was so gaaf om as model saam met my te gaan. Baie dankie Madelein vir jou moeite ek waardeer dit baie. Sy was die ideale model en sy was stunning...stem julle nie saam nie? Soos jul kan sien was ons in die straat, en het die hele ekspidisie redelike publieke aandag getrek. Madelein het net 'n "straight face" gehou vir wolf fluite en toeters wat blaas. Ek dink sy het haar goed van haar taak gekwyt. Omdat ons met die goue uur van die dag wou werk moes alles teen die spoed van lig plaasvind. Dit het vir my gevoel asof ons hier en daar grondvat, maar ek het darem die meeste onthou wat Danie my geleer het. Dankie Danie, dit was vir my 'n goeie ondervinding. Ek sal jou enige tyd aanbeveel vir opleiding.





















No comments:

Post a Comment